Nominasie op die langlys: The International Impac Dublin Award 2002
Erenominasie: SACBF 2000
Gekeur: En bok för alla (Swede) 2006
In hierdie aandoenlike verhaal oor die emosionele slagting wat deur burgeroorloë in Afrika gesaai word, word ’n vervalle woonstelgebou in die middestad van Kaapstad vir ’n jong meisie haar galery van selfontdekking. Dwelmhandelaars uit Nigerië, draadkunstenaars uit Zimbabwe, immigrante uit Rwanda en Soedan, ’n vlugteling uit Mosambiek – almal ontheemdes wat uit oorlogspuin ontsnap – neem hulle toevlug tot die vrede van ’n nuwe, demokratiese Suid-Afrika.
’n Skitterende boek oor die menslike gees
~ Cape Times
Hier kom hulle met haar brose wêreld in aanraking en word sy op haar beurt in hulle wêrelde ingetrek. Skyline bied ’n onverskrokke blik op ’n jong meisie se reis na volwassenheid deur die kleurryke en gewelddadige strate van ’n stad wat één word met die res van Afrika.
Reviews
There are no reviews yet.